Oor ons Mini-Mayvies
Wat doen ons nog as Mini-Mayvie
Ons leer en speel nie net in Mayvieland nie. Ons leer ook om deel te neem aan ander aktiwiteite:
- R – Kleuterkonsert
- Oupa- en Oumadag en Oupa en Ouma foto’s
- Fotodag
- Kleuteratletiek
- Beroepedag
- Waterspele
- Pretdae
- Bak-en-brou
- Instappies
- Sangspeletjie
- Kleuterkoor
- Sensoriese spel
- Groot motoriese ontwikkling
Ons Gr.R Kurrikulum
Elke maatjie voel by Laerskool Mayville gewaardeerd en geinspireerd in ons opbouende leerplan. Ons verseker kwaliteit en veral kwantiteit onderrig!
Laerskool Mayville gebruik die Gautengse Onderwysdepartement se Kurrikulum wat Afrikaans Huistaal, Wiskunde asook Lewensvaardighede insluit.
Assessering vind plaas nadat Kurrikulum inhoud vir die kwartaal afgehandel is.
Onderwysers word voorsien van ‘n Onderrigplan wat in volgorde met behulp van verskillende temas versprei word.
Ons kleuters geniet die verskillende temas. Daarby sluit ons ook Beweging, Musiek-ervaring, Bak-en-brou en Sensoriese aktiwiteite in. Eksperimente word ook aan hul bekendgestel.
Ons kleuters leer van getalle; getalname; meer as en minder as; voor en na en ook sommer van regte storiesomme.
Ons kan klank voor ons skool toe gaan. Sekere beginklanke word ouditief bekendgestel en later kan ons klanke saamvoeg wat regte woorde maak!
Kleispel is ‘n trekpleister vir ons kleingoed. Getalle word met klei gevorm; klanke word met doppies of knope gepak en robotte of vervoermiddels word deur middel van konstruksie-apparaat tot stand gebring.
Ouditiewe persepsuele vaardighede vorm die boustene vir lees. Bv. Voorwerpe word gewys en dan moet maatjies kan sê wat hul hoor wat die beginklankie is. Stories word ook in volgorde terugvertel wat voorgelees is.
Konstruktiewe spel vind informeel plaas met die oog dat hul vaardighede ontwikkel deur te speel.
Kleuters in Gr R word voorberei vir Gr 1 deur te verseker dat kinders skoolgereed is. Die voordeel van graad R by Laerskool Mayville is dat die Kurrikulum van Gr R oorvloei in formele onderrig in Graad 1.
Hier by Laerskool Mayville se Gr R – klasse woeker ons om ons breintjies wakker en aan die gang te hou!



