Welkom by Laerskool Mayville se
Mini-Mayvies
Dis `n Fees om `n Mayvie te wees!
Ons Mini Mayvies
Hier in Laerskool Mayville kan elke kleuter sy/haar volle potensiaal bereik.
Ons glo dat wanneer kleuters praat, herhaal hulle net wat hulle ken, maar wanneer hulle luister, mag hulle iets nuuts leer.
Hierdie is die plek waar ons jou leer hoe om mooi te luister en jou kennis verbreed.
Juffrouens met passie vir die onderrig. Die beste leermeester is hulle wat jou wys waar om te kyk, maar nie vertel wat om te doen nie.
‘n Veilige tuiste waar elke kleuter kan voel of dit hulle huis is. Jou huis is waar jou hart is en ons hart klop Mayvies.
Hierdie is die belangrikste jaar in jou laerskoolloopbaan. Met jou eerste tree hier in ons skool, word jy deel van ‘n familie – vir ewig.
Ons gee jou vlerke vir die toekoms.
‘n Kind is soos die wind. Een vlieg hoog en die ander een laag, maar almal doen dit op hulle eie manier. Hier mag jy jouself wees. Hier is jy belangrik net soos jy is..
Ons Gr.R Sentrum se terrein









Ons Mini-Mayvies Personeel
Me J De Bruin
Tiertjie Klas
Pligsgetroud, doelgerig, humoristies, deursettingsvermoë, eerlik.
Me N Bezuidenhout
Beertjie Klas
Entoesiasties, Passievol, Eksentriek, Sagmoedig, Humoristies

Me B Smit
Eendjie Klas
Positief, lojaal, energiek, christelike waardes, kreatief
Me R Kaufmann
Roo`s Klas
Saggeaard, liefdevol, hardwerkend, gedetermineerd, eerlik

